Gordel-en-pad-inisiatief

██ China██ Lede van die Asian Infrastructure Investment Bank██ Die ses BRI korridors██ 21ste eeuse Maritime SyroeteChina in rooi, Lede van die Asian Infrastructure Investment Bank in oranje, die ses korridors in swart[1]

Die Gordel-en-pad-inisiatief (Belt and Road Initiative - BRI), ook bekend as die One Belt and One Road (OBOR) (Chinees: 一带 一路) of die Syroete Ekonomiese Belt en die 21ste-eeuse Maritieme Syroete (Chinees: 丝绸之路 经济 带 和 21 世纪 海上 丝绸之路), is 'n ontwikkelingstrategie wat deur die Chinese regering aanvaar is, wat infrastruktuurontwikkeling en beleggings in lande in Europa, Asië en Afrika behels. "Belt" verwys na die oorlandroetes vir pad- en spoorvervoer, die sogenaamde "Syroete Ekonomiese Belt" genoem, terwyl die "Pad" verwys na die seeroetes, of die "21ste-eeuse Maritieme Syroete". Tot 2016 was die inisiatief amptelik bekend in Engels as die One Belt and One Road-inisiatief, maar die amptelike naam is verander, aangesien die Chinese regering van mening was dat die klem op die woord "een" misverstaan kan word.[2]

Hierdie ontwikkelingstrategie wat verwys na die antieke Syroete is koppel aan 'n poging van China om 'n groter globale rol te speel, geondersteun deur 'n handelsgeoriënteerde netwerk. Hierdie inisiatief is in September en Oktober 2013 deur president Xi Jinping aangekondig.[3] Volgens verskeie ramings is hierdie projek een van die grootste infrastruktuurprojekte in die geskiedenis van die wêreld. Daar is 68 lande betrokke by die projek, wat in 2017 ongeveer 65% van die wêreld se bevolking en 40% van die globale bruto binnelandse produk verteenwoordig het. Die uitbou van die Belt-en-Pad-inisiatief kan aanleiding gee tot geopolitieke verskuiwings omdat China hierdeur sy invloedsfeer aansienlik kan uitbrei.

  1. China Britain Business Council: One Belt One Road Geargiveer 13 Julie 2017 op Wayback Machine
  2. "BRI Instead of OBOR – China Edits the English Name of its Most Ambitious International Project". liia.lv (in Engels). 28 Julie 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 November 2017. Besoek op 15 Augustus 2017.
  3. (en) 'Chronology of China’s Belt and Road Initiative' op http://english.gov.cn

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search